Vry soos die wind
Net soos ‘n kaalvoetkind
Petrol in vuur
Wat die vlamme versier
Sê jou dis wat sy is
Dis wat sy is vir my
‘n Oggend se mis
‘n Skouer waar my kop kan rus
Eerste koppie koffie as ek wakker is
Dis wat sy is
Dis wat sy is
Dis wat sy is vir my
Die mooiste liedjie wat jy ooit in jou lewe hoor
En ek kan alles van haar sien in ons kind se oë
Dis wat sy is
Dis wat sy is vir my
Daar is so baie wat ek mis binne in myself
Al my wense vir ‘n mens en my beste pel
Dis wat sy is
Dis wat sy is
Alles is wat pragtig is
Kos vir die siel
Ietsie kouds vir die keel
Sê jou dis wat sy is
Dis wat sy is vir my
Een van ‘n soort
Begryp haar in ‘n halwe woord
Die eerste vashou wat ek elke oggend mis
Dis wat sy is
Dis wat sy is
Dis wat sy is vir my
Die mooiste liedjie wat jy ooit in jou lewe hoor
En ek kan alles van haar sien in ons kind se oë
Dis wat sy is
Dis wat sy is vir my
Daar is so baie wat ek mis binne in myself
Al my wense vir ‘n mens en my beste pel
Dis wat sy is
Dis wat sy is